Home > Terms > Afrikaans (AF) > Flogiston

Flogiston

Chemie, verouderd: Hipotetiese, materiële prinsipe van vuur en verbranding (simbool Φ), wat volgens die flogistonteorie van G.E. Stahl (1660 tot 1734), wat die term ingevoer het, en J.J. Becher (1635 tot 1682) 'n bestanddeel vorm van brandbare (en oksideerbare) stowwe en by verbranding (of oksidasie) ontsnap in die vorm van warmte of rook, terwyl omgekeerd byvoorbeeld metale uit hul gedeflogistiseerde vorme (oksides) gewin word deur die toevoeging daarvan (reduksie). Flogiston (Grieks = verbrand, brandbaar) is 'n term wat deur Stahl ingevoer is in 1697, terwyl die teorie veral deur Becher ontwikkel is.

Volgens die voorstanders daarvan is steenkool en roet beskou as feitlik suiwer flogiston. Flogiston het as bruikbare hipotese in die chemie verval met die ontdekking van suurstof en die werk van Lavoisier.

0
Legg til Min ordliste

Hva ønsker du å si?

Du må logge inn for å legge inn i diskusjoner.

Terms in the News

Featured Terms

Collin Koortzen
  • 0

    Terms

  • 1

    Ordlister

  • 5

    Followers

Fagområde/Domene Biology Category: Anatomy

Larinks

Strottehoof: Die boonste deel van die lugpyp bevat 'n raamwerk van kraakbeentjies en spierweefsel, genoem die larinks. Dit manipuleer volume en ...